KSM
Seniors

Seniors

Seniors, met hulle ryk lewenservaring, is ‘n waardevolle deel van ons gemeente. Kerksondermure (KSM) gee erkenning aan hul unieke behoeftes en uitdagings deur verskeie kuier- en ander geleenthede.

Bybelstudie

Kom saam met ‘n gesellige groep mense met gedeelde belange bymekaar, en ontdek opnuut die verrykende verhale van die Bybel.

  • Midstream | Woensdae | 09:00*
  • Hippolaan | Woensdae | 10:00*

* Tydens skoolkwartale

Saamkuier

Maandelikse Saamkuiers gee aan seniors die geleentheid om geestelik te groei en betekenisvolle verhoudings te bou. Hulle kry ook die geleentheid om ‘n verskil in ander se lewens te maak en word bemagtig deur gesprekke oor relevante onderwerpe.

Vir meer inligting kontak: seniors@ksm.co.za