KSM
Na-buite betrokkenheid

Na-Buite Betrokkenheid

Kerksondermure (KSM) wil wees waar die nood is. Na-Buite fokus spesifiek op: kwesbare kinders, verswakte bejaardes, vaardigheidsontwikkeling, bereiking van die nasies (sending) en rampverligting. Wat uitstaan: 7 Skole word ondersteun met onderrig vir kinders met gestremdhede, outisme en ander leerbehoeftes. Jaarliks word sowat 400 000 maaltye aan meer as 50 kleuterskole voorsien. Ongeveer 800 bejaardes word maandeliks ondersteun met voedselsekerheid, gesondheidsorg, sosiale interaksie, tuissorgbesoeke, individuele dienste en bewusmakingsprogramme. 22 Entrepreneurs ontvang jaarliks opleiding om hul eie klein besighede te begin en te bestuur. 300 Werkloses ontvang vaardigheids- en entrepreneurskapopleiding. 12 Sendelinge word ondersteun wat in 15 lande werk verrig om dissipels te maak en die evangelie te versprei.
Kontak na-buite@ksm.co.za en vra gerus vir die kwartaallikse terugvoerverslag om in detail te sien hoe Kerksondermure betrokke is om ‘n seën vir ons stad te wees.