Huwelike
Kerksondermure (KSM) skep verskeie ruimtes waar huwelike en verhoudings verryk kan word – van grootgroep-praatjies tot intieme gesprekke. Ons predikante is ook beskikbaar om paartjies in die huwelik te bevestig. Huweliksberading word ook deur ons beraders, terapeute en sielkundiges aangebied. Die volgende word aangebied:
- Huweliksvoorbereiding
- Huweliksverryking
- Troues
- Huweliksberading
Vir meer inligting kontak huwelike@ksm.co.za
