KSM

Geloofsvorming

Geloofsvorming wil mense help om die Jesuslewe te ontdek, dit met oorgawe te leef en met passie te dien - sodat ons al hoe meer kan word wie God bedoel het ons moet wees. By Kerksondermure (KSM) is daar geleentheid vir geloofsvorming, deur die bywoning van kursusse, Bybelskool en ander geleenthede.

ALPHA

Die ALPHA-kursus is 'n internasionaal erkende reeks wat in vennootskap deur Kerksondermure (KSM) aangebied word. Die ALPHA-kursus strek oor 9 weke, en word twee keer 'n jaar aangebied en sluit in:

  • Gesellige saamkuier met 'n ligte ete,
  • 'n Kort video (Engels),
  • Interaktiewe besprekings in Afrikaans of Engels.

Veritas

Veritas is 'n internasionale organisasie wat teologiese opleiding wêreldwyd aanbied. Kerksondermure (KSM) bied Modules 1–4 aan oor 'n tydperk van vier jaar. Die doel van die Veritas kursus is om deelnemers op te lei om:

  • Die Bybel akkuraat en in konteks te lees
  • Die boodskap vir die oorspronklike gehoor te verstaan
  • Die Boodskap sinvol oor te dra aan ander in hul gemeenskappe.

Bybelskool Oggend & Aand Geleenthede

Die Bybelskool bied jou die geleentheid om God se Woord dieper te verstaan – sodat dit nie net jou eie lewe verryk nie, maar ook dié van ander om jou.

KSM Hippolaan | Woensdae | 08:30-09:00
KSM Midstream | Donderdae | 09:00-10:00

Buiten die weeklikse sessies, word daar ook 'n paar keer per jaar Aanbybelskool-geleenthede aangebied. Hierdie is spesiale sessies waar 'n Bybelboek of 'n relevante tema uit 'n Bybelse perspektief in diepte hanteer word.
Navrae: groei@ksm.co.za

Ondersteunende Bronne

Bybelleesplanne op YouVersion

Die Bybelleesplanne nooi elkeen uit om op jou eie tyd saam met Kerksondermure (KSM) se preekreekse deur die Bybel te reis, sodat ons die Woord werklik kan leef.

RightNow Media

RightNow Media is 'n internasionale Christelike videostroombiblioteek-platform vir talle hoë gehalte video's vir:

  • Geestesgroeivorming en kinderprogramme
  • Huweliksverryking en ouerskap
  • Bybelstudies, kleingroepe en nog baie meer!
Geloofsvorming