Dope
By Kerksondermure (KSM) word mense van alle ouderdomme gedoop. Ons is dankbaar om te sien hoe mense in verskillende lewensfases gedoop word.
Vir ouers wat hul kinders (0–13 jaar) wil laat doop:
Voltooi ons een-aand doopkursus as jy jou baba of Laerskool kind wil doop. Daar is 6 keer geleentheid per jaar om hierdie kursus te kan doen. Ons gesels ook graag na afloop van julle kursus met jou Laerskool kind wat gedoop gaan word.
Tieners wat gedoop wil word:
Neem deel aan ons kort, insiggewende program. Daarna kan jy tydens 'n erediens gedoop word. Kontak doop@ksm.co.za of jou kampus se tienerbediening-koördineerder.
Volwassenes wat doop oorweeg:
Kerksondermure wil jou die geleentheid gee as jy nog nie gedoop is of Belydenis afgelê het nie om dit te kan doen. Daarom wil ons jou dan uitnooi na 'n spesifieke kursus wat ons vir jou ontwikkel het.
Wat kan jy in hierdie 4 weke verwag?
- Wat glo jy en hoekom?
- Wat is die issue met sonde?
- Wat maak ons van die doop?
- Kan ek weet dat ek gered is?
Vir meer inligting kontak doop@ksm.co.za
