Ontdek die Jesuslewe
Welkom by Kerksondermure.
Ons droom daarvan om die liefdevolste gemeenskap op aarde te wees – 'n plek waar jy kan tuiskom, Jesus kan ontmoet, en begin leef soos Hy jou bedoel het om te leef. Dis wat ons die Jesuslewe noem.
'n Boodskap vir jouWat om te Verwag
Begin Sondag.
Elke Sondag is daar plek vir jou by ons Centurion- of Midstream-kampus. 'n Kerksondermure erediens is 'n kombinasie van inspirerende musiek, praktiese Bybelse boodskappe en 'n verwelkomende atmosfeer vir elke generasie. Daar's ook kinderdienste, tienerprogramme en 'n kuier-area om ná die tyd te gesels en saam te groei.
Kom kuier saam Sondae by KSM – net soos jy is.

HIPPOLAAN
Kampus
Eredienstye
08:00, 10:00 & 18:30
Kinderdienste
08:00 & 10:00 (Gr. 7 slegs 08:00)
Tienerdienste & Groepe
18:00-19:30 (Testimonium 17:00)

MIDSTREAM
Kampus
Eredienstye
08:00 & 10:00
Kinderdienste
08:00 & 10:00 (Gr. 7 slegs 10:00)
Tienerdienste & Groepe
17:30-19:00 (Testimonium 18:30)

Jaar van Vriendskap
Registreer vir Aktiwiteite
Ons maak gebruik van Church Center wat 'n veilige databasis stelsel is.
Gebruik Church Center om jou KSM profiel te skep, aktiwiteite te sien en maklik aan te teken vir kursusse en byeenkomste.
Laai die Church Center-app af
Kies KSM (Midstream of Centurion) as jóú voorkeur gemeente
Skep eenmalig jou profiel


Berading & Bystand
As jy deur 'n moeilike tyd gaan – emosioneel, finansieel of geestelik – is daar hulp beskikbaar. Ons Netwerk vir Lewe Sentrum bied professionele ondersteuning met deernis en vertroulikheid.
Netwerk vir Lewe Sentrum: 012 663
1610
Berading: berading@ksm.co.za
24/7 Predikant-op-roep: 083 489 0180
(geen SMS'e)
Begrafnisse: ontvangs@ksm.co.za
Plekke om in te Skakel
Ons glo daarin om veilige ruimtes en geleenthede te skep waar mense die Here en mekaar beter kan leer ken.
As jy nuut by Kerksondermure (KSM) inskakel, of weer opnuut betrokke wil raak, dan nooi ons jou uit om na die afloop van 'n Sondag erediens by die "Nuut-by-ons" toonbank aan te meld en ons sal met jou opvolg.
Jy kan ook 'n e-pos aan info@ksm.co.za stuur.
Gee tot voordeel van ander
Wanneer jy begin gee, selfs net 'n bietjie, maak jy 'n deur oop vir God om 'n rol in jou geldsake te speel. Jou bydrae maak 'n tasbare verskil. As jy gereeld of eenmalig wil gee, is daar veilige opsies aanlyn of via EFT beskikbaar.
EFT Bankbesonderhede
Kerksondermure
ABSA Tjekrekening: 2890580095
Takkode: 632005
Art. 18A-belastingsaftrekkings
Art. 18A-belastingaftrekkingsertifikate is beskikbaar vir alle bydraes aan Social Upliftment Services (SUS) projekte. BB SEB-voordele is van toepassing op spesifieke projekte.
Besoek SUS se webtuiste