Nuut by ons?

Ons wil jou as deel van ons geloofsfamilie verwelkom …

Wie is KSM?

KSM is kortpad vir kerksondermure – ‘n naam wat uitdrukking gee aan ‘n insluitende gemeenskap wat doelbewus mensgemaakte mure afbreek sodat God se koninkryk oral met blydskap kan kom.

Hoe lyk ons eredienste?

KSM se eredienste is eietyds en Woord-gebaseer. Lofprysing en aanbidding is belangrik in ons eredienste.

By KSM Hippolaan en KSM Midstream is daar twee oggenddienste om 08:00 en 10:00. By KSM Hippolaan is daar ‘n Glow-aanddiens om 18:30 wat gerig is op jong volwassenes. By KSM Midstream vind die Glow-aanddiens tydens skoolkwartale om 17:30 plaas.

Wie is welkom?

Enigeen is welkom om saam met ons die Jesuslewe te ontdek en te leef.

Wat is volgende?

Ons nooi jou om ons eredienste by te woon en koffie saam met ons te drink.
Kom woon Kick Start by en ontdek die DNA van KSM en jou plek in ons geloofsfamilie.

Jy kan ook gerus na ons FAQ (Frequently Asked Questions) boekie loer om meer oor KSM te leer.

Beskou FAQ

Ontdek die Jesuslewe

saam met KSM. Ons sien so uit om jou as deel van ons gemeente te verwelkom. Om amptelik aan te sluit, vul asb. die Word Deel vorm in, en ons sal met jou kontak maak.