Ondersteuning

Groepe

DivorceCare

DivorceCare is ʼn groep vriendelike, omgee-mense wat saam met jou deur een van die lewe se moeilikste ervarings sal stap. Jy hóéf nie alleen deur skeiding of egskeiding te gaan nie.

DivorceCare sessies word gelei deur mense wat verstaan wat jy deurmaak! Jy sal toegang verkry tot waardevolle DivorceCare hulpbronne wat jou sal help om die pyn van die verlede te hanteer en jou lewe te herbou. Die programreeks word twee keer per jaar aangebied – elke reeks bestaan uit dertien sessies en word op Dinsdagaande by Hippolaan aangebied.

Jy is natuurlik welkom om enige tyd by die programreeks in te skakel. Daar is ook ʼn DivorceCare4Kids vir laerskoolkinders. Indien nodig word voorskoolse kleingoed tydens die sessies deur ʼn kinderoppasdiens versorg en opgepas.

Kontakpersoon: Dina Cerff


012 663 1610

Program Registrasievorm

DivorceCare4Kids

Is jou kinders kwaad, seergemaak en verward oor jou skeiding of egskeiding? Dit kan nogal frustrerend wees om die regte hulp vir jou kinders te vind. DC4K program bied ʼn veilige, prettige plek waar jou kinders

  • sal leer hoe om hul gevoelens te verstaan
  • sal leer hoe om hul emosies op ʼn toepaslike manier uit te druk
  • beter oor hulself sal voel
  • hanteringsvaardighede sal ontwikkel
  • bekendgestel sal word aan Bybelse konsepte wat troos bring

DC4K is ʼn spesiale ondersteuningsgroep vir laerskoolkinders om hul te help genees van die seer wat veroorsaak is deur die skeiding of egskeiding van hul ouers. Tydens die weeklikse sessies raak kinders vriende en ontmoet fasiliteerders wat verstaan hoe hulle voel en wat hul deurmaak. Die beste van alles is dat kinders hier sal leer hoe om trane in hoop en vreugde te verander! DC4K sessies word gelyklopend met DivorceCare sessies vir volwassenes aangebied. 

Kontakpersoon: Dina Cerff
012 663 1610

Program Registrasievorm

Griefshare

As jy ‘n eggenoot, kind, ouer of ander familielid, vriend of medewerker deur die dood verloor het, het jy waarskynlik gevind dat daar nie baie mense is wat die seer en isolasie wat jy voel, verstaan nie. Dit kan baie verwarrend wees, en omdat jy dalk baie vrae het oor die ongewone dinge wat jy skielik moet konfronteer, kan dit vir jou moeilik wees om optimisties oor jou toekoms te voel.

Die GriefShare program word gelei word deur mense wat verstaan wat jy deurgaan. Jy sal ook toegang verkry tot waardevolle hulpbronne om jou te help met die herstel van jou verlies en om uit te sien na die herbou van ‘n nuwe normale lewe – jy hoef dus nie die hartseer paadjie alleen te stap nie.

Kontakpersoon: Dina Cerff
012 663 1610

Program Registrasievorm

My Miskraam

Ondersteuningsgroep vir persone geraak deur miskrame of stilgeboortes.

Een van die seerste sere…
‘n Seer wat diep binne in jou sy lêplek vind…
‘n Seer wat nie met die waai van ‘n hand gaan verdwyn nie…
Dit is hoe ék gevoel het met my miskraam!

Hierdie groep se funksie is om ‘n veilige ruimte te skep waar mammas mekaar kan ondersteun, die voorreg het om te huil, te treur en om hul storie te deel. As Christene moet ons mekaar hierdeur dra.

Jy hoef nie alleen deur hierdie seer te werk nie. Jy hoef nie alleen die herinneringe te trotseer nie.

Kontakpersoon: Luzanne Nabal
082 335 3975