KSM algemene vrywaring vir registrasie van minderjarige kinders en tieners by KSM

  1. Hiermee verklaar ek dat ek die wettige ouer/voog van die minderjarige(s) is en dat ek hierdie vrywaring mag aanvaar namens die kind/kinders in hierdie registrasie ter sprake.
  2. Hiermee toestemming tot bywoning van Kerksondermure se kinder/tiener programme en aktiwiteite wat daarmee gepaard gaan vir die komende jaar.
  3. Ek gee toestemming dat beeldmateriaal/foto’s van my kind deur Kerksondermure en/of sy goedgekeurde persone tydens die programme en aktiwiteite geneem mag word vir:
    1. die gebruik van gemeentelike aktiwiteite/produkte; en
    2. die gebruik in die plaaslike koerant, webblad en sosiale media, kerklike nuusbriewe en/of op fotoborde vir kerklike doeleindes
  1. Ek aanvaar dat die beveiliging wat Kerksondermure tref vir die  kinders voldoende is.
  2. Ek verleen hiermee toestemming, en dra al my regte as ouer/wettige voog oor aan, die verantwoordelike persoon by kerksondermure in die geval van enige dringende mediese behandeling. Ek aanvaar egter verantwoordelikheid vir enige mediese en/of hospitaalkoste wat in sodanige geval aangegaan mag word.
  3. My kind verkeer na die beste van my wete in goeie gesondheid. Ek versoek egter dat die verantwoordelike persone aandag sal gee aan alle allergieë en ander mediese toestande gespesifiseer onder “Medical Notes / Allergieë met registrasieproses.
  4. Ek verstaan dat die verrigtinge meegemaak word op eie risiko en vrywaar Kerksondermure, die direkteure, die organiseerders, hul werknemers en/of verteenwoordigers van enige verlies en/of skade van welke aard ook al aan goedere of my kind se persoon, hoe ook al sodanige verlies of skade mag ontstaan. Ek bevestig hiermee dat ek onherroeplik afstand doen van enige reg of enige aksie om skadeloosstelling in te stel teen Kerksondermure, die direkteure, die organiseerders, hul werknemers, hul verteenwoordigers of erfgename vir enige sodanige verlies of skade. Hierdie klousule geld slegs in die geval van enige sodanige verlies of skade wat nie deur roekelose optrede, growwe nalatigheid of buite die bestek van die normale funksies van die organiseerders, hul werknemers en/of verteenwoordigers veroorsaak word nie.
  5. Ek stem daartoe in om elektroniese kommunikasie aangaande Kerksondermure se aktiwiteite te ontvang.