kerksondermure

KSM is ʼn unieke makrogemeente wat saam die Jesuslewe ontdek. Ons is ʼn gemeente wat konstant vernuwe, sodat ons almal op ʼn eietydse manier in hulle konteks kan dien. Terselfdertyd hou ons vas aan die waarheid van die Woord. Dit oortuig ons daarvan dat die lewe bedoel is om saam met Jesus op sy manier geleef te word -die lewe op sy beste is die Jesuslewe! Kom ontdek dit saam met ons!

Jy is hartlik welkom om by ons aanlyn eredienste in te skakel, elke Sondag om 09:00.

Aanlyn Eredienste

Skakel in by ons weeklikse aanlyn eredienste elke Sondag om 09:00 wat lofprysing, ’n unieke Woord-gebaseerde boodskap sowel as ’n aparte ouderdom gebaseerde kindererediensuitsending insluit.

Tieners kan om 17:30 inskakel vir ons KSM-eie Kompak-erediens, waarna kleingroepgesprekke via Zoom vir die tieners plaasvind.

Hulpverlening tydens Covid-19

As gevolg van die impak van die COVID-19-pandemie is daar reeds, en gaan daar in die toekoms, stygende hongersnood wees. Daarom vat ons hande met ′n netwerk van kerke en organisasies om ons gemeenskap ook in hierdie tyd te seën. Aanvullend tot die normale berading en liefdeshulp vir ons gemeente en gemeenskap wat deur die Netwerk vir Lewe Sentrum bewerkstellig word, is KSM is reeds besig om weeklikse kosaankope, verpakking en verspreiding in en om ons gemeente te inisieer.

Saam met die Midstream gemeenskap en die Midstream kerke het ons 667 794 etes verpak en versprei in hoofsaaklik Thembisa, Olifantsfontein, Olievenhoutbosh, die Middestad en Oostelike dele van Pretoria.

Saam met Judea Hope en Love Pretoria South Pastors Forum in Centurion kon ons ook reeds 386 864 droë etes verpak en versprei in Pretoria en Centurion se noodgeteisterde woonbuurtes, Mooiplaas en Olievenhoutbosch en enkele ander plekke en instansies wat nood beleef.

Vir meer inligting kontak dien@ksm.co.za

Skakel in aanlyn aktiwiteite

Ons mis julle en wil julle graag sien en saam gesels. Word deel van ons groeiende aanlyn gemeenskap op Facebook waarop ons vrae beantwoord, saam Bybelstudie doen en gewoonweg daar is vir mekaar.

PREEKROOSTER

KSM EREDIENS – NET AANLYN

09:00
Tiesie de Coning
09:00
Stephan Joubert
09:00
Colin Smith

Word deel van ons aanlyn gemeenskap op Facebook. Klik hier >