Toerusting, opleiding en leierskapontwikkeling by Kerksondermure
Groei by kerksondermure bestaan om ons gemeenskap deur toerusting, opleiding en leierskapontwikkeling te inspireer en in staat te stel om die Jesuslewe voluit te leef en met passie te dien as dié mense wat God ons bestem het om te wees.
Bybelskool
Die Bybelskool bied die geleentheid om God se woord dieper te verstaan en daardeur jou eie en ander se lewens te kan verryk.
‘n Bybelboek of ‘n tema word in diepte bestudeer met behulp van besprekings, notas en die aanlyn-Bybel studies.
Ons skop 19 Julie met ons Petrus Bybelskool af wat slegs aanlyn gaan plaasvind op ons YouTube kanaal.
Bybelleerreis
Die Bybelleesreis (BLR) program se doel is dat ons saam as geloofs-familie die Bybel lees. Die Bybel vorm ons lewe en daarom leef ons dit terwyl ons dit lees en dit help ons ook om die Jesus lewe beter te kan leef!
Hierdie leesreis vind kwartaalliks plaas en wissel tussen Ou en Nuwe Testamentiese boeke.
Ons stuur gereeld e-posse met inligting en ons gebruik ander hulpbronne te ondersteuning van die bybelleesreis, bv. ‘n leesrrooster, video’s en aanlyn Bybelstudies.
ALPHA-reeks
Hierdie is ‘n internasionale reeks wat nou ook by Kerksondermure aangebied word. “ALPHA is a course that creates a space, online or in person. Where people are excited to bring their friends for a conversation about faith, life and God.”
Dit bestaan uit agt-weeklikse sessies waar deelnemers saam kuier, ‘n kort video kyk en daarna deelneem aan interaktiewe besprekings oor die video onderwerpe. Die video materiaal is in engels maar die besprekings is in afrikaans en of engels afhangend van die groep se samestelling.
Die volgende tema’s gaan hanteer word: Is there more to life than this? Who is Jesus? Why did Jesus die? How can I have Faith? Why and how do I pray? Why and How should I read the Bible? How does God guide us? Who is the Holy Spirit? What does the Holy Spirit do? How can I be filled with the Holy Spirit? How can I make the most of the rest of my life?
Soeklig op die Bybel
Kerksondermure se Soeklig op die Bybel wil inligting en wysheid deel oor geloofsuitdagings en moeilike vrae, wat Christene soms te huiwerig is om te vra. Hierdie gebeur binne die veilige raamwerk van, begrip vir die woord, interaktiewe verhoudinge met ander, verstaan van die wêreld en ander gelowe sodat almal die Jesus lewe dieper en meer sinvol kan leef.
Hierdie aanbieding vind in-persoon of aanlyn plaas afhangend van die omvang van die tema.
Klik hier vir vorige Soeklig opnames.
Kontak ons gerus by groei@ksm.co.za indien jy enige vrae het?
Veritas
Hierdie Bybel-interpretasiekursus leer ‘n mens om die Bybel beter te lees en reg te verstaan. Die kursus bestaan uit vier modules en skop af aan die begin van elke jaar. Dit strek oor 17 weke (skoolvakansies en openbare vakansiedae uitgesluit). Slegs een module per jaar kan by KSM gedoen word, wat die kursus maklik en verteerbaar maak.
Kontak ons by veritas@ksm.co.za vir enige navrae.
Huwelike
KSM het ‘n hart vir die huwelik, en skep verskeie ruimtes waar huwelike en verhoudings verryk kan word – van grootgroep-praatjies tot intieme gesprekke. Ons predikante is ook beskikbaar om paartjies in die huwelik te bevestig. Huweliksberading word ook deur ons beraders, terapeute en sielkundiges aangebied.
Vir meer inligting kontak: huwelike@ksm.co.za of berading@ksm.co.za.
Dope
Die doopvoorbereidingskursusse word elke kwartaal aangebied, daar is dus 4 per jaar. Die kursus strek oor twee aande in-persoon, en is so ingerig dat daar een gesamentlike klas is en die ander twee aande word vir die pa en ma apart aangebied.
Aand 1 – word bygewoon deur albei ouers
Aand 2 – word bygewoon deur albei ouers
Hierdie kursus is verpligtend vir ouers wat ‘n baba vir die 1ste keer laat doop en ook vir ouers wat reeds vantevore gedoop het. Vir meer inligting kontak: doop@ksm.co.za
Vra vir Gebed
Gebed word by KSM beskou as ‘n integrale deel van die Jesuslewe want Jesus self het beklemtoon hoe belangrik gebed in ons lewens moet wees.
KSM het ook voorbidders wat in hul eie tyd intree vir elke gebedsversoek.
Vir meer inligting, stuur e-pos aan gebed@ksm.co.za.
Vir meer inligting oor toerusting en opleiding by kerksondermure, stuur e-pos aan groei@ksm.co.za.