Kom ons begin met Sondae by Kerksondermure:
Sondae by Kerksondermure is 'n belewenis waarin almal welkom is om binne 'n veilige ruimte 'n Woordgebaseerde boodskap te hoor, saam te worship en meer oor Jesus te ontdek en leef deur 'n deel te word van 'n liefdevolle gemeente. Ons sal so bly wees as jy besluit om Sondag te kom kerk, koffie en kuier.
Sien jou Sondag
Kerksondermure is een kerk op twee plekke.
Ons oggenderedienste vind plaas om 08:00 en 10:00
Volwasse Eredienste:
Hippolaan | 08:00 & 10:00
Midstream | 08:00 & 10:00
Ons Sondag eredienste duur omtrent 60 minute en sluit lewendige lofprysing en ‘n boodskap in.
Die aanlyn boodskap word lewendig opgeneem en een week later op ons YouTube-kanaal uitgesaai.
Kinderdienste:
Hippolaan | 08:00 & 10:00
Midstream | 08:00 & 10:00
Babas van ses weke tot gr.7 word op ‘n ouderdomsgepaste manier bedien en kry geleentheid om deur sinvolle spel, sang en gesels ‘n Bybelse boodskap as deel van ‘n kurrikulum te ontdek.
Tienerdienste:
Hippolaan | 17:30
Midstream | 17:30
Sondag is die beste aand van die week vir hoërskoolleerders! By ons Lewende Stene het ons musiek, ‘n boodskap en kleingroeptyd waar tieners saam met hul maats en onder toesig van ‘n mentor kan geestelik groei.
Kry jou by Kerksondermure
KSM Hippolaan
Vir enige navrae kontak: 012 663 2003
KSM Midstream
Vir enige navrae kontak: 012 940 9480
Bly op hoogte
Teken in om ons weeklikse nuusbrief te ontvang en op hoogte te bly van al die KSM gebeure. Die nuusbrief sluit in die nuutste preekrooster, skakels na ons aanlyn dienste, inligting oor kinder-en tieneraktiwiteite, registrasies vir opkomende inpersoongebeure, terugvoer oor uitryke en projekte, en soms selfs ‘n snaakse storie.
Nuusbrief
Word deel
God het ’n droom vir jou. Waarookal jy jouself tans in jou lewe bevind, wil ons die plek en die konteks skep waarin jy hierdie droom ontdek.
As jy nuut inskakel by Kerksondermure, of opnuut weer wil betrokke raak, dan wil ons jou uitnooi om Sondag die eredienste by te woon en daarna by die Nuut-by-ons-toonbank aan te meld.