KSM Doen Goed is ‘n praktiese en eenvoudige oplossing vir almal wat wil help maar nie noodwendig weet waar of hoe nie.
Ons het goeie verhoudings gekweek met 29 verskillende, volhoubare binne-en buitelandse projekte wat ons al vir jare ondersteun en saam ‘n pad stap.
Dit is hierdie projekte se behoeftes waaraan ons deur KSM Doen Goed bloodstelling gee sodat elkeen en almal iets goeds kan doen vir hulle gemeenskap deur ‘n behoefte van die lys te kies en hom te vervul.
KSM Doen Goed is jou geleentheid om jou omgee in aksie te verander. Om weer opnuut hoop te kry en hoop te gee! Dít is Opnuut lief vir die [Jesus] lewe.

Stap 1:
Klik op Kies om die lys behoeftes te sien.
Stap 2:
Kies Self waar en hoe jy graag wil help. (Onthou nommer van jou keuse)
Stap 3:
Kies Doen en Registreer deur die vorm te voltooi met die nommer van behoefte wat jy wil vervul, druk stuur en ons sal met jou kontak maak vir finale reëlings.