Na-buite

Dien ons gemeenskap

Daar is mense wat bid vir iemand soos jy.

Die hart van Kerksondermure is om die Jesuslewe te ontdek. Dit beteken veral om met vrymoedigheid vir behoeftiges te sorg, hulle toe te rus, aan te moedig en op te hef. Met ander woorde, om hulle lief te hê.

Ons wil dit eenvoudig vir jou maak om diensbaar te wees:

Meld aan as dienswerker in jou gemeente

Om aan te meld as vrywilliger by Kerksondermure is ‘n goeie manier om met ander in aanraking te kom en ‘n verskil te maak. Dit is ook ‘n ideale geleentheid om ander gemeentelede te ontmoet en van ‘n groot kerk, jou kerk te maak.

Daar is deurlopend geleenthede by gasvryheid, multi-media, kinders en tieners.

Raak betrokke by ‘n Kerksondermure projek

Jy kan jou gemeenskap beter maak. Een van die beste maniere om ons gemeenskapsnood aan te spreek is deur die samewerking met plaaslike niewinsgewende organisasies wat reeds goeie werk in hull gemeenskap doen. Wanneer jy besluit om ‘n projek te dien, help jy hulle om méér te bereik.

Ons benadering tot die ontwerp en implementering van ons langtermyn gemeenskapsprojekte is gebou rondom betekenisvolle verhoudings. Dit beteken dat ons deur plaaslike betrokkenheid werk om ‘n gemeenskap te help om self te besluit waarmee hulle ons hulp wil hê.

Ons projekte fokus veral om gemarginaliseerde persone insluitend kinders, vrouens en bejaardes, wat in die siklus van verwoestende armoede en werkloosheid vasgevange is, te versterk.

Geopende Deure belangrike datums vir die jaar

5-12 November | International Day of Prayer for the Persecuted Church

Bereik die nasies
en wees 'n seën deur sending

Elke volgeling van Jesus is geroep om die Goeie Nuus te deel. Jy, net so veel soos ‘n sendeling. Die verskil kom in die waar en in die hoe.

Kerksondermure is ‘n sturende gemeente en ondersteun 8 sendelinge wat in 10 lande werksaam is. Elkeen van hierdie sendelinge benut hulle gawes en talente deur geestelike leieropleiding, dissipelskap toerusting of evangelisasie werk. 

Sendelinge voel wel baie keer alleen en leef onder uitdagende omstandighede. Jou belangstelling, gebed en ondersteuning bemoedig elkeen om in vreugde te volhard.

Kontak dien@ksm.co.za as jy meer wil weet oor sending of om in die ondersteuning van ons sendelinge betrokke te raak.

Dien self met jou tyd

Daar is verskillende projekte om by betrokke te raak en met blydskap te dien. Kerksondermure se voedingsprojekte, wat altyd gewillige hande verwelkom om droëranstoenetes te pak, is ’n maklike beginpunt as jy vir die eerste keer aanmeld.

Ondersteun Kerksondemure finansieel

Besighede kan ook bydrae maak tot Kerksondermure se niewinsgewende vennoot, SUS.
100% van alle fondse en voordele gaan direk aan die begunstigdes.

Ontvang ’n 18A-belastingsaftrekkingssertifikaat vir jou besigheid.
BB SEB-voordele is van toepassing op spesifieke projekte.