Ondersteuningsgroepe

Hoe help KSM mense wat swaarkry?

Ons bied pastorale berading en emosionele ondersteuning by KSM se Netwerk vir Lewe Sentrum. Daar is ‘n span kundiges wat kan help met persoonlike sorg insluitend berading en maatskaplike sorg. Die terapeutiese omdersteuningsgroepe is spesefiek gemik vir mense tussen werke, wat iemand aan die dood afgestaan het of deur ‘n egskeiding geraak is.

 

DivorceCare

DivorceCare is ʼn groep vriendelike, omgee-mense wat saam met jou deur een van die lewe se moeilikste ervarings sal stap. Jy hóéf nie alleen deur skeiding of egskeiding te gaan nie.

DivorceCare sessies word gelei deur mense wat verstaan wat jy deurmaak! Jy sal toegang verkry tot waardevolle DivorceCare hulpbronne wat jou sal help om die pyn van die verlede te hanteer en jou lewe te herbou. Die programreeks word twee keer per jaar aangebied – elke reeks bestaan uit dertien sessies en word op Dinsdagaande by Hippolaan aangebied.

Jy is natuurlik welkom om enige tyd by die programreeks in te skakel. Daar is ook ʼn DivorceCare4Kids vir laerskoolkinders.

Kontakpersoon: Dina Cerff | 012 663 1610

ProgramRegistrasievorm
KSM Sorg DivorceCare
KSM Sorg DivorceCare4Kids

DivorceCare4Kids

Is jou kinders kwaad, seergemaak en verward oor jou skeiding of egskeiding? Dit kan nogal frustrerend wees om die regte hulp vir jou kinders te vind. DC4K program bied ʼn veilige, prettige plek waar jou kinders

  • sal leer hoe om hul gevoelens te verstaan
  • sal leer hoe om hul emosies op ʼn toepaslike manier uit te druk
  • beter oor hulself sal voel
  • hanteringsvaardighede sal ontwikkel
  • bekendgestel sal word aan Bybelse konsepte wat troos bring

DC4K is ʼn spesiale ondersteuningsgroep vir laerskoolkinders om hul te help genees van die seer wat veroorsaak is deur die skeiding of egskeiding van hul ouers. Tydens die weeklikse sessies raak kinders vriende en ontmoet fasiliteerders wat verstaan hoe hulle voel en wat hul deurmaak. Die beste van alles is dat kinders hier sal leer hoe om trane in hoop en vreugde te verander! DC4K sessies word gelyklopend met DivorceCare sessies vir volwassenes aangebied. 

Kontakpersoon: Dina Cerff | 012 663 1610

ProgramRegistrasievorm

Griefshare

As jy ‘n eggenoot, kind, ouer of ander familielid, vriend of medewerker deur die dood verloor het, het jy waarskynlik gevind dat daar nie baie mense is wat die seer en isolasie wat jy voel, verstaan nie. Dit kan baie verwarrend wees, en omdat jy dalk baie vrae het oor die ongewone dinge wat jy skielik moet konfronteer, kan dit vir jou moeilik wees om optimisties oor jou toekoms te voel.

Die GriefShare program word gelei deur mense wat verstaan wat jy deurgaan. Jy sal ook toegang verkry tot waardevolle hulpbronne om jou te help met die herstel van jou verlies en om uit te sien na die herbou van ‘n nuwe normale lewe – jy hoef dus nie die hartseer paadjie alleen te stap nie.

Kontakpersoon: Dina Cerff | 012 663 1610

ProgramRegistrasievorm
KSM Sorg Griefshare